thinktoomuch.net » Afrikaans

Mighty Men Conference and Defensive Responses (Afrikaans)
(Sorry English readers… this one’s Afrikaans.)

‘n “Internet-vriend” van my wat dikwels bietjie godsdiens-joernalisme doen, het die Mighty Men konferensie gaan bywoon. Sy artikel verskyn in die Rapport: ‘n Magtige dreuning. Dit is ‘n heel rustige artikel, veel meer interessant (vir my) is die soort reaksies wat dit blykbaar ontlok. Hier is een van die “highlights”, maar gaan loer gerus vir meer gebalanseerde en/of rustige opmerkings:

Magtige Dreuning, 26/04/2009, Gerrie Lombaard

Johannes de Villiers ek hoop nie jy is vir die artikel betaal nie as jy ‘n vryskut joernalis is nie. Jy kan ook nie ‘n permanente pos beklee nie. ek gaan my nie verwerdig om kommentaar op jou patetiese, eenogige artikel te lewer nie. Jy kan nie ‘n Afrikaanse De Villiers wees nie want ek het familie wat dit is. Moet asb nie weer MMC toe kom nie jy het nie jou werk gedoen nie!!!!!!!. JY IS ‘N PATEET VAN ‘N SUID AFRIKANER. GAAN SKRYF JOU STROOI IN N. ZEELAND WAAR JY EN SOORTGELYKE PATETE HOORT!!!!!!!1

Ek wonder selfs of hierdie soort opmerking “genuine” is? (Ek meen, kan dit nie dalk satiere wees nie? Of het die “Afrikaanse Internet” nog nie daardie punt bereik nie?)

Die artikel het in my ervaring nie veel verbasend of skokkend bevat nie (is ek ook ‘n “pateet van ‘n Suid Afrikaner” dan?   ) — miskien omdat die kern-gedagtes in die artikel nie iets nuuts is nie: soos ek dit het, is dit maar net ‘n goeie samevatting van die dinamika van sulke sametrekkings of bewegings, soos hulle gesien word in meer akademies-ingestelde kringe? (Op grond van gesprekke wat ek al gehad het met ‘n klein aantal mense, so my opinie is nie noodwendig goed verteenwoordigend nie.) Dis dalk waar die waarde van sulke soort artikels lê: die sterk reaksie wat vir sommiges uit die veld slaan, wat buitestaanders aanmoedig om weer oor die berig te dink om te probeer verstaan wat daarvan so ontstellend is. Daardie opmerkings, die passie waarmee die bywoners reageer en “verdedig”, voeg mos ‘n hele nuwe dimensie by die berig?

Idees vir gesprek

Is iemand lus om ‘n gesprek aan die gang te kry, bietjie kommentaar te lewer?

Is dit beter / “meer moreel” om die skrywer van daardie opmerking se naam daar te los (om hom krediet te gee vir die opmerking), of beter om dit te verwyder (aangesien ek hier daardie opmerking nie juis in ‘n baie goeie lig sien nie)?

Wat maak julle van die hele storie? Hoe laat daardie berig jou voel? En wat laat dit jou dink omtrent “die ander kant”? (LW: in terme van positiewe pogings om mekaar te verstaan en goed te kommunikeer, nie in terme van afbrekende negatiwiteit nie.)

As jy ‘n gretige bywoner van sulke konferensies is, wat presies is die ding in Johannes se artikel wat mense ontstel? Voel jy sy artikel maak wel sin, maar gee net een kant van die prentjie, of dink jy hy het dit heeltemal verkeerd en praat slegs nonsens?

As jy ‘n mede-”buitestaander” is, wat dink jy van die artikel, en wat dink jy van die reaksie? Kan jy begryp wat so ontstellend is, vir sommiges, omtrent daardie berig? Wat dink jy van my paragrafie hier bo, omtrent buitestaanders? Beskryf dit enigsins jou gevoel/reaksie, of is dit iets wat ek nou bloot uit my duim gesuig het?

Mees belangrik: kan julle kyk of julle gesprek kan voer met meegevoel, verstaan? Behandel die gesprek (indien daar enige gesprek plaasvind) asof dit om ‘n etenstafel is, wat beide jou familie en jou beste vriende insluit, en jou beste vriend sit “aan die ander kant van die tafel”. Is dit moontlik? ‘n Vriendelike gesprek omtrent sulke verskille? Ek hou nie van die soort “ons-en-hulle” ding wat plaasvind nie. Dis daardie soort reaksie wat soos ‘n “cult” voorkom.

En as daar nie gesprek plaasvind nie, of al vind daar wel plaas: voel asseblief vry om my Afrikaans te “critique”, ek kry nie genoeg oefening nie. Wys my foute uit! Stel verbeterings voor!

Groot en oranje…
Daar sit die walglike ding. Groot en oranje. Alles rondom hom vervaag. Ek staar na hom, en hy staar na my. Groot en oranje.

My hand beweeg versigtig nader. Ek het geen keuse nie. Stadig en huiwerig.

Ek raak aan hom. My hand maak toe oor hom.

Ek neem die mes in my ander hand en slag hom. Die twee helftes val uit mekaar.

Vesels! Dis sag en vlesig, vet geswel met sap. Rillings trek deur my. Hoendervleis bedek my. Naarheid spoel oor my.

Groot en oranje.

Hugo, St 7

24 April 1996

Hoekom Afrikaans Beter Is
Ek hoor vandag vir Riaan Cruywagen praat van “twintig-vier”. Soos in, hierdie jaar is die jaar “twintig-sewe”.

Uiteindelik verstaan ek hoekom Afrikaans/Nederlands daardie lomp agterstevoor manier het om van getalle te praat. Die arme Engelse kan nie praat van die jaartal nie. “Twenty-seven”, “twenty-four”. Haha, die Engelse is n00bs, hulle taal is nie “Y2K-compliant” nie!

Kan Chuck Norris hierdie jaar se jaartal op ‘n mooi manier sê? Riaan Cruywagen kan!