(Sorry English readers… this one’s Afrikaans.)
‘n “Internet-vriend” van my wat dikwels bietjie godsdiens-joernalisme doen, het die Mighty Men konferensie gaan bywoon. Sy artikel verskyn in die Rapport: ‘n Magtige dreuning. Dit is ‘n heel rustige artikel, veel meer interessant (vir my) is die soort reaksies wat dit blykbaar ontlok. Hier is een van die “highlights”, maar gaan loer gerus vir meer gebalanseerde en/of rustige opmerkings:
Magtige Dreuning, 26/04/2009, Gerrie Lombaard
Johannes de Villiers ek hoop nie jy is vir die artikel betaal nie as jy ‘n vryskut joernalis is nie. Jy kan ook nie ‘n permanente pos beklee nie. ek gaan my nie verwerdig om kommentaar op jou patetiese, eenogige artikel te lewer nie. Jy kan nie ‘n Afrikaanse De Villiers wees nie want ek het familie wat dit is. Moet asb nie weer MMC toe kom nie jy het nie jou werk gedoen nie!!!!!!!. JY IS ‘N PATEET VAN ‘N SUID AFRIKANER. GAAN SKRYF JOU STROOI IN N. ZEELAND WAAR JY EN SOORTGELYKE PATETE HOORT!!!!!!!1
Ek wonder selfs of hierdie soort opmerking “genuine” is? (Ek meen, kan dit nie dalk satiere wees nie? Of het die “Afrikaanse Internet” nog nie daardie punt bereik nie?)
Die artikel het in my ervaring nie veel verbasend of skokkend bevat nie (is ek ook ‘n “pateet van ‘n Suid Afrikaner” dan?
) — miskien omdat die kern-gedagtes in die artikel nie iets nuuts is nie: soos ek dit het, is dit maar net ‘n goeie samevatting van die dinamika van sulke sametrekkings of bewegings, soos hulle gesien word in meer akademies-ingestelde kringe? (Op grond van gesprekke wat ek al gehad het met ‘n klein aantal mense, so my opinie is nie noodwendig goed verteenwoordigend nie.) Dis dalk waar die waarde van sulke soort artikels lê: die sterk reaksie wat vir sommiges uit die veld slaan, wat buitestaanders aanmoedig om weer oor die berig te dink om te probeer verstaan wat daarvan so ontstellend is. Daardie opmerkings, die passie waarmee die bywoners reageer en “verdedig”, voeg mos ‘n hele nuwe dimensie by die berig?
Idees vir gesprek
Is iemand lus om ‘n gesprek aan die gang te kry, bietjie kommentaar te lewer?
Is dit beter / “meer moreel” om die skrywer van daardie opmerking se naam daar te los (om hom krediet te gee vir die opmerking), of beter om dit te verwyder (aangesien ek hier daardie opmerking nie juis in ‘n baie goeie lig sien nie)?
Wat maak julle van die hele storie? Hoe laat daardie berig jou voel? En wat laat dit jou dink omtrent “die ander kant”? (LW: in terme van positiewe pogings om mekaar te verstaan en goed te kommunikeer, nie in terme van afbrekende negatiwiteit nie.)
- As jy ‘n gretige bywoner van sulke konferensies is, wat presies is die ding in Johannes se artikel wat mense ontstel? Voel jy sy artikel maak wel sin, maar gee net een kant van die prentjie, of dink jy hy het dit heeltemal verkeerd en praat slegs nonsens?
- As jy ‘n mede-”buitestaander” is, wat dink jy van die artikel, en wat dink jy van die reaksie? Kan jy begryp wat so ontstellend is, vir sommiges, omtrent daardie berig? Wat dink jy van my paragrafie hier bo, omtrent buitestaanders? Beskryf dit enigsins jou gevoel/reaksie, of is dit iets wat ek nou bloot uit my duim gesuig het?
Mees belangrik: kan julle kyk of julle gesprek kan voer met meegevoel, verstaan? Behandel die gesprek (indien daar enige gesprek plaasvind) asof dit om ‘n etenstafel is, wat beide jou familie en jou beste vriende insluit, en jou beste vriend sit “aan die ander kant van die tafel”. Is dit moontlik? ‘n Vriendelike gesprek omtrent sulke verskille? Ek hou nie van die soort “ons-en-hulle” ding wat plaasvind nie. Dis daardie soort reaksie wat soos ‘n “cult” voorkom.
En as daar nie gesprek plaasvind nie, of al vind daar wel plaas: voel asseblief vry om my Afrikaans te “critique”, ek kry nie genoeg oefening nie. Wys my foute uit! Stel verbeterings voor!


5 responses so far ↓
1 Hugo // Apr 29, 2009 at 12:22 am
I’ve picked up my first comment on Facebook (in Afrikaans):
http://www.facebook.com/note.php?note_id=74511694393&comments&ref=mf
I think I’ll just accept that there may often be two independent conversations taking place, and just provide links for those interested?
2 Angus Buchan en die MMC 09 « ekke dink // May 1, 2009 at 7:35 am
[...] Angus Buchan en die MMC 09 By ekke 0 Comments Categories: Algemeen, Briewe, Genade, Politiek, Teologiese temas and filosofie Hugo het hier ‘n klompie vrae gevra na aanleiding van ‘n baie negatiewe kommentaar deur gerrie lombaard op johan de villiers se brig in die onlangste Rapport. rapport artikel hier negatiewe kommentaar van ene en hugo se uitlokkende vrae hier [...]
3 ekkedink // May 1, 2009 at 7:40 am
ek het deelgeneem aan die gesprek en my comments gelos by http://ekkedink.wordpress.com/2009/05/01/angus-buchan-en-die-mmc-09/
4 wouter // May 5, 2009 at 10:38 pm
Hugo,
In die eerste plek moet ek erken dat ek daarvan hou om kommentaar te lees en nie noodwendig kommentaar te lewer nie. Ek dink dit het dalk iets te doen met die tipe reaksies wat ek gereeld sien in kommentaar. Hierdie artikel is ‘n goeie voorbeeld. Ek probeer dit verhoed. Miskien is ek net ‘n lafaard.
Ek wonder partymaal of mense so met mekaar sal praat in persoon. Nogals venynig
Ek dink dit moet die persoon wat die artikel skryf se keuse wees of hy sy naam wil publiseer. Ek neem aan Rapport het hulle riglyne maar enige persoon kan besluit of hy vir hulle wil werk of nie en onder watter voorwaardes.
Hoe laat dit my voel? Dit laat my dieselfde voel toe ek my vriend in Umtata gaan oplaai het.Oppad Kaapstad toe het ek by my familie gestop in Plett. Hulle het my nie verwelkom soos wanneer ek alleen daar stop nie. Ek het goeie idee gekry van die ander kant in my gesprek in die kar tot in die kaap. So nee iemand wat sy ou suid-afrikaanse vlag laat wapper help nie veel nie en gee nie regtig om hoe ander daaroor voel nie.
Ek is ‘n buitestander van die konferensies maar het wel familie wat dit bywoon. Ek kan verstaan wat onstellend is vir die in die “binnekring”. Dieselfde ding wat enige persoon onstel wat glo hy is reg: trots. Wys my ‘n persoon wat na kritiek oor sy doktrine sal luister sonder om onstel te word? Nie maklik nie. Ek sukkel daarmee. Vir die mense in die binnekring is Angus die begin en die einde. Jy hoef nie eers kritiek te lewer nie (jy hoef net nie saam te stem nie) en jy trap op tone.
Die artikel onstel my glad nie. Dis seker omdat ek nie noodwending glo Angus is altyd reg nie. Ek dink die reaksie maak die artikel lewendig. Wys jou wat is werklik in mense se harte. Scary! Hopelik sal dit my help om nie verbaas te wees in die toekoms nie.
oor en uit
5 Hugo // May 6, 2009 at 10:04 pm
Haai Wouter! Goed om van jou te hoor!
Nooit! Jy los dan nou juis hier ‘n “comment” om die teendeel te bewys. Jy kies dalk net versigtig jou oomblik.
Dit is hoeka ‘n uitstekende paar opmerkings (die soort wat my sommer lus maak om dit te vertaal na Engels).
Leave a Comment